Back to RVDB's Main Poetry Page here...
Or scroll down this page and encounter our authors:
Jack Parow, Johann de Lange, Judith Jonker.

Jack Parow

Cooler as Ekke

"Ons speck julle ouens soek dit, so hierso is dit straight van die man met die snor, Jack Parow:" (Griffin, January 2, 2010)

Youtube: here...

Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy rook Yves Saint Laurent sigarette
Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy’t ‘n tattoo van ‘n slang op jou tette.
Jy dink jy’s cooler as ek, want jy’t ‘n plakkaat van Led Zeppelin bo jou bed
Jy dink jy’s cooler as ek, want jy’s elke jaar by die J&B Met.

Jy’s ou nuus, ek kom met rou beats
Jy lê en wag, ek gan soek iets
Jy’s ice tea, ek’s witblits
Jy’s lite bier, ek’s spirits
Jy’s die ou met die new fresh look
Ek’s die ou met die Pep Stores broek
Ek watch jou, jy koekeloer oukes
jy forward nog Vernon Koekemoer jokes
Ek’s fantasties, jy’s spasties
Ek vat an poppies, jy raak an klein kids
Jy’s Tim Voster, ek’s Chris Edwards
Jy’s innie bosse, ek rol innie vet shit
Jy’s boring soos liedjies ommie kampvuur
my styl slick sneak suutjies soos ‘n vampier
jou styl kak sag soos ‘n pink marshmallow
meisies skree vir net “one night in parow”

Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy hang saam met models en ek hang saam met slette
Jy dink jy’s cooler as ekke, want ek’s ‘n rapper en jy sing in falsette
Jy dink jy’s cooler as ek, want ek ry op met die bus en jy vlieg op met ‘n jet
Jy dink jy’s cooler as ek, want jy ry in ‘n Peugeot twee nul ses

Jy rol met ‘n selfoon in jou pen
Ek rol nog met ‘n 3310
My styl gooi sexy korrek
Jy dra nog fokken Mr Price Red
As ek instap skrikkie hele fokken bar
Jy kry nog fokken geld by jou ma
Ek los die hele jol papnat
As jy instap begin die hele jollie pad vat
ek’s Amerika, jys Irak
ek bomb jou lat die kak slap spat
Ek’s ‘n Bic pen, jy’s ‘n Mont Blanc
Jy loop rond met fokken skuim op jou mond-rand
Ek’s original jy’s gecopy
Ek’s ‘n flash drive jy’s ‘n floppy
Jy maak of jy alles het ma jy’s fake
Jack Parow bra ek lewe soos n straatmeit

Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy drink by Ku De Ta en ek drink by De Dekke
Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy’s die gentleman, bra eksie prette
Jy dink jy’s cooler as ek, want ek hou vakansie in Hartenbos en jy hou vakansie in Quebec.
Jy dink jy’s cooler as ek, omdat jy die nuwe issue van One Small Seed het

Jack Parow bra ek’s n poes woes
Jy eet caviar en couscous
Ek drink Klipdrif, jy drink Peroni
Jy’t vriende in Swede, ek het vriende in Benoni
Ek koop al my klere by die local Pep Stores save more
Jy koop al jou fokken klere by a store
Jy dra net fokken Polo shirts
Shame, jy luister na die Dirty Skirts
My naam’s Parow, dik heavy uitgeskollie
Jy lyk soos Jeremy de Tollie
Jack Parow, die life van die party
Jy dra net fokken Issey Miyake
Jy’s too cool for school, eks mos kief
Ek’s grasshopper, jys Lacoste sportief
Jy lat die koek flop, ek lat die huis rys
Jou meisie het ‘n foto van my piel op haar Space Case

Youtube: here...

 

Johann de Lange

Die algebra van nood

Die algebra van nood, bekende digter Johann de Lange, se eerste bundel in byna 13 jaar is 'n belangwekkende gebeurtenis wat verskeie poësieliefhebbers sal laat regop sit. In hierdie agste bundel van hom vervat de Lange verskeie temas wat in sy vorige bundels gefigureer het, temas soos dwelmgebruik, die skryfkuns, die liefde en 'n fyn waarneming van die omringende natuur.
Die deurlopende tematiek van nood word met verrassende skakerings oorgedra en dit vorm 'n boeiende versameling fasette van die menslike nood, angs en pyn.
Die gedigte is poëties onverbloemd en ongedwonge, met 'n deurleefde deernis vir die mens en sy emosionele wêreld. Die gedig Besit is voorbeeld van dié natuurlike, pretensielose wyse waarop de Lange emosies kan omskryf:

Nou sluit ek jou toe in my gedig
met woorde wat voeg & 'n klinkende slot.
Só bemin ek jou voortaan slegs op sig,
& beskik oor jou soos 'n god

En sou ek jou vergeet 'n oomblik of 'n uur,
& by my terugkeer slegs gebeente vind,
toegemessel, met elke rym en dwaalmuur,
bly jy steeds myne, & ek siende blind.

André Brink beskryf die bundel as "…'n fees van herkenning, en tegelyk van nuwe kennismaking …'n glansende bundel."

Protea Boekwinkel, Nuusbrief 160, Stellenbosch, 4/03/2009

 

Judith Jonker

Korreltjie niks is my dood
(Korreltjie sand)

Korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat

Sonnetjie groot in die blou
korreltjie maak ek van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie

Kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in doodloopstraat

Wêreldjie rond en aardblou
ek maak net ‘n ogie van jou
huisie met deur en twee skrefies
tuintjie met blou madeliefies

Pyltjie geveer in verskiet
liefde verklein in die niet
Timmerman bou aan ‘n kis
Ek maak my gereed vir die niks

Korreltjie klein is my woord
Korreltjie niks is my dood

Judith Jonker, Versamelde werke. Human & Rousseau 1994

 

Back to RVDB's Main Poetry Page here...